'n Gewone mens met 'n boodskap van hoop
Welly du Toit is 'n leraar, skrywer en spreker wat glo dat geloof eenvoudig, eerlik en prakties moet wees.

Sy storie
Welly du Toit is in Hopetown in die Noord-Kaap gebore, waar hy ook sy hele skoolloopbaan deurgebring het. Aan die Universiteit van Stellenbosch het hy die grade BA en BTh asook die Lisensiaat in die Teologie verwerf (1980 tot 1986).
NĂ¡ sy studie het hy in 1987 en 1988 in die Suid-Afrikaanse Vloot gedien. Daarna was hy leraar van die NG gemeente Parow-Suid (1989 tot 1996) en die NG gemeente Walvisbaai-Noord (1997 tot 2003). Van Desember 2003 tot Desember 2026 is hy leraar van die Helderbaai Gemeente in die Strand. Daarna sluit hy as medeprediker by die Strand Christ Gen-gemeente aan.
Welly het reeds meer as 100 boekies geskryf oor geloof, gebed, die Bybel en die alledaagse lewe. Hy woon saam met sy vrou in die Strand.
Hoogtepunte
- 1980 tot 1986BA, BTh en Lisensiaat in die Teologie, Universiteit van Stellenbosch
- 1987 tot 1988Gedien in die Suid-Afrikaanse Vloot
- 1989 tot 1996Leraar, NG gemeente Parow-Suid
- 1997 tot 2003Leraar, NG gemeente Walvisbaai-Noord
- 2003 tot 2026Leraar, Helderbaai Gemeente in die Strand
- Vanaf 2027Medeprediker, Strand Christ Gen-gemeente
- VandagMeer as 100 boekies, 500+ video's en 'n weeklikse WhatsApp-kerk